Vanaf die kantoor van die Prinsipaal

Ons by St. Idas RC Primêr streef daarna om gehalte-onderwys te lewer wat in lyn is met kernwaardes soos wedersydse respek, verantwoordelikheid, betroubaarheid, billikheid, omgee, goeie burgerskap en die erkenning van elke individu as ’n menslike wese. Dit is moontlik binne ’n gesonde werksomgewing, ’n geïntegreerde leerkultuur en ’n aangename opvoedkundige atmosfeer wat gelyke geleenthede, lewenslange leer en opleiding bevorder, asook gesonde werksverhoudinge tussen al die belanghebbendes van hierdie opvoedkundige instelling.

Een van ons swakpunte waarmee ons egter te kampe het, kan direk of indirek aan die omgewing van ons skool gekoppel word. Ons ouers is nie verbind aan groot besighede of maatskappye nie. Ons is ’n geen-fooie-skool en vra ons ouers om vrywillig ’n bydrae van R400 per jaar te gee, maar die meeste van ons ouers kan dit nie bekostig nie, en ons sukkel om hierdie bedrag in te samel, wat tot groter finansiële uitdagings lei.
Nietemin is ons ’n trotse skoolgemeenskap, en ons probeer om ons leerders al die geleenthede te bied wat ons kan.