Tradisies

Ons Tradisies

Nuwe opvoeders word vir ’n dag opgelei deur die Catholic Schools Trust en word ook aangemoedig om die Katolieke etos (Christelike waardes) uit te leef.
Konferensies word bygewoon deur die godsdiensverteenwoordiger en die skoolhoof, waarna hy/sy aan die personeel rapporteer.
Byeekomste met Bybel- en bemoedigende boodskappe, asook gebed, word elke Maandagoggend deur personeellede gelei.
Op Vrydae sluit die skoolhoof die week af, en die personeel gaan op ’n positiewe noot uitmekaar. Dit bemoedig en kalmeer die personeel.
Maandelikse waardes word in die klas bespreek.
Gereelde saalbyeenkomste word gehou.
Die skool neem deel aan Rooms-Katolieke byeenkomste en woon dienste by.
Daar word baie klem gelê op gedrag binne en buite die klaskamers, asook in die gemeenskap (sorgsaamheid). Leerders en opvoeders word gereeld daaraan herinner.