Ons Visie en Missie

Ons Visie

Om die skool van keuse te wees vir leerders, opvoeders en besighede in die area wat kwaliteitopvoeding en jeugontwikkeling in ‘n veilige, funksionele en waardegedrewe skoolomgewing wil bevorder — waar leerders ons leuse Veritas/Waarheid ten volle kan uitleef.

Ons Missie

Om leerders met kwaliteitsleer te inspireer en voor te berei vir die 21ste eeu, en om ’n sterk Katolieke etos en waardes aan te kweek, sodat hulle eendag suksesvol kan wees en hul volwaardige plek in die gemeenskap kan volstaan.